Kalf Klub
Staan boonop ‘n kans om gesogte pryse te wen deur 100 of meer kalwers direk aan Sparta te verkoop.
Let wel: Deur jou beeste direk aan ons te verkoop, het jy nie net toegang tot inligting wat noodsaaklik is vir jou onderneming nie, maar jy word ook outomaties ingeskryf vir ‘n gelukkige trekking met verskeie pryse op die spel. Die trekking vind vroeg in 2026 tydens ‘n glansgeleentheid plaas waar die wenner aangekondig sal word. Die kompetisie is geldig vir produsente wat kalwers direk aan Sparta verkoop tussen 1 Desember 2024 en 30 November 2025.
Hier volg die kriteria vir kalwers wat aan Sparta verkoop word en vir jou om vir die gelukstrekking te kwalifiseer:
- Gesonde vleisras kalwers
- Sparta koop nie die volgende kalwers aan nie:
- Enige suiwelrasse
- Nguni-kalwers
- Boran-kalwers
- Afrikaner-kalwers
- Tuli-kalwers
- Dexter-kalwers
- Kalwers moenie enige sigbare tekens toon van besmetlike en aansteeklike siektes of uitwendige parasiete nie
- Kalwers moenie mank loop of enige gebrek hê nie
- Kalwers moet minstens 160kg weeg
- Albei ore moet intak wees
- Brandmerke moet verkieslik nie op die kruis- of boudarea aangebring wees nie
- Sparta koop GEEN kalwers aan wat ’n FMD-inenting ontvang het nie
- Verkopers moet die volgende verklaar:
- Inplantings, indien van toepassing
- Alle behandelings wat die kalwers vir uitwendige en inwendige parasiete ontvang het
- Of die kalwers gekastreer is of nie
- Enige inentings wat die kalwers toegedien is
- Die kalwers se ouderdom in maande, waar moontlik
- Of die kalwers gereedgemaak (preconditioned) of afgerond (backgrounded) is
- Dat die kalwers op geen stadium enige diereprodukte gevoer is nie
You’ll also stand a chance to win coveted prizes by selling 100 or more calves directly to Sparta.
Note: By selling your cattle directly to us, you not only have access to information that is essential for your business, but you are also automatically entered into a lucky draw with various prizes up for grabs. The draw will take place in early 2026 during a gala event where the winner will be announced. The competition is valid for producers who sell calves directly to Sparta between 1 December 2024 and 30 November 2025.
Below are the criteria for calves being sold to Sparta and for you to qualify for the lucky draw:
- Healthy beef breed calves
- Please do not send:
- Any dairy breeds
- Nguni calves
- Boran calves
- Afrikaner calves
- Tuli calves
- Dexter calves
- All calves must be free of visible infectious and contagious diseases and free of visible external parasites
- Please do not send calves that are lame/cripple or with any deformities
- Calves must weigh more than 160kg
- Both ears must be intact
- Branding marks should preferably not be on the rump or buttock area
- NO FMD vaccinated animals are to be sent to Sparta
- Sellers must declare the following:
- Implants, if applicable
- All treatments that calves have received for external and internal parasites
- Whether cattle have been castrated or not
- Any vaccines that have been administered to the calves
- The age of the calves in months, where possible
- Whether calves have been preconditioned or backgrounded
- That no animal products were fed to calves at any stage